SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

RUITER IN SWART REEKS

Kort op die Marc Condor reeks se hakke het die “Ruiter in Swart” reeks gevolg. Suid-Afrika het soos die res van die wêreld ook baie gehou van hulle “cowboy” verhale. Interessant is dat heelwat storieverhaal reekse, wat handel oor die “cowboy era” reeds in die vyftiger en sestiger jare verskyn het en toe al baie goed verkoop het. So het die Ruiter in Swart sy verskyning gemaak en een van die langs lopende en suksesvolste reekse geword. Teen die einde van die era het die boekies in A4 formaat in volkleur verskyn. Dit is ’n uiters skaars en gesogte versamelaars item vandag. Die reeks is waarskynlik vaagweg geskoei op die Gemaskerde Ruiter wat as onbekende geregsdienaar wet en orde in die woeste weste van Amerika moes handhaaf. In hierdie geval egter was dit die Transvaalse goudvelde en die woeste Laeveld. Die man in swart was net as Ben bekend. Ek verstaan dat hy in sommige boekies as Ben Brandt geïdentifiseer was. Hy was ’n ZARP man. Met ander woorde, ’n lid van die ou Transvaalse of Zuid-Afrikaanse polisiemag. Hy was ook ’n persoonlike vriend van ou President Kruger. Die ruiter was in swart geklee van kop tot tone en het twee rewolwers aan weerskante van sy sye gedra. Die kolwe was na vore gerig vir die sogenaamde “crossdraw.” Dit was as ’n kenmerk van ’n snelskut beskou. Hy was ook knap met die vuiste en daar was minstens een vuisgeveg in elke boekie. In die gebruiklike finale skietgeveg het hy gewoonlik sy teenstanders uitgeroei. Ben het ook ’n swart perd gehad met naam Satan. Hy is soms in die kleur voorblaaie ook op ’n bruin perd gesien. Om die waarheid te sê, op die meeste kleurblaaie het hy op ’n bruin perd gery. Kom ons noem dit maar ’n donker perd. ’n Perde kenner sal seker beter weet. In uitgawe 382 verskyn daar ’n swart wolfhond saam met hom op die toneel. Ek het nie ’n boekie met ’n naam van die hond nie. Miskien kan ’n ander versamelaar dalk hier help. Die rol is tot aan die einde vertolk deur Danie van Rensburg - wat die akteur naam van Vonk de Ridder gehad het. Hy het as Vonk de Ridder ook in ’n paar Afrikaanse “cowboy” flieks opgetree. Die fliek, “Voor sononder” saam met Dawid van der Walt is een van die wat ek goed kan onthou. Dieselfde fliek het ook as strokiesprent in die tydskrif “Brandwag” verskyn. Ben is die snelskut wat knap is met sy rewolwers maar het ook in die proses sy kwota wonde opgedoen. Sy teenstanders was geharde en wrede rampokkers van sy tyd. Daar was plaas rowers, veediewe, struikrowers, moordenaars en swendelaars van alle soorte. Kyk gerus ook na die Ruiter in Swart by Potpouri om meer van die verhale te wete te kom. Tans is Ruiter in Swart die enigste wat ’n webwerf onderhou. Ten tye van die skrywe was dit nog onder konstruksie. Google dit gerus as jy meer inligting wil bekom. Ek verstaan van ’n versamelaar dat daar tans ook DVD’s beskikbaar is, wat van die oorspronklike gerestoureerde fotoverhale bevat. Kyk gerus ook na die uitbreiding van hulle webwerf, (deur Koos Papenfus).

⭐ 55 Voorblaaie Gelys 📖 Fotoverhale
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

55 Items
#354 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Soos aasvoëls is hulle
#372 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Sy laaste rooftog
#376 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vorentoe wag die galg
#377 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Toegang verbode
#378 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Verraad in sy hart
#379 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Bloedvlek in die veld
#380 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vir hom 'n laaste drankie
#382 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Kinders van onrus
#384 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Spin maar jou web...
#385 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Een pad... galg toe
#387 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vroue is sy prooi
#388 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Met bloed betaal
#389 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vir jou, ons vriend
#390 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Hoonlag uit die bosse
#391 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Stiefbroers
#392 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vergenoeg gevlug
#395 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Giftig is haar haat
#396 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Moeder van my seun
#397 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Goud is die lokaas
#398 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Dan vra jy nog genade
#400 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Grynslag van haat
#401 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vir hom die vlugpad
#402 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Berg van vrees
#403 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Wat doen julle, my seuns
#405 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

'n Koeël sal beslis
#407 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Die dood loop saam
#409 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Tot tussen die wolwe
#410 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Die verlore seun
#411 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Groet dan jou baas
#412 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Net geweld vorentoe
#413 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Bloed aan die roofgeld
#414 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Ontsnap... as jy kan
#416 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Die sambok as getuie
#417 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Man van geweld
#418 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Bloedspoor na die grens
#419 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Erger as moord
#420 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Pad van die lafaard
#423 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Ruiter in swart
#424 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vra dan nie genade
#425 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Tot hiertoe, moordenaar
#426 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Geheim van 'n vlak graf
#427 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Dooies praat nie
#428 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Jy moet sterf, my broer
#429 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vernedering bring die haat
#430 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Die dood speel sy troef
#431 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Vaarwel, blonde feeks
#432 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Te laat vir genade
#434 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Getuienis van 'n kluisenaar
#446 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Want ek sal jou laat boet
#447 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Dan liewer die duisternis
#472 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Die dood wag op drie
#473 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

'n Monster agter sy glimlag
#474 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Maar hulle is indringers
#475 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

Die dorp van geweld
#476 Ruiter in Swart

Ruiter in Swart

'n Nes van adders